Die Primêre Skool Jordania is ‘n skool met ‘n tradisieryke geskiedenis en is toekomsgerig om aan sy leerders net die beste opvoeding en geleenthede moontlik te verskaf.
Ons missie is dat elke ouer, leerder, opvoeder, administratiewe personeellid en werker hier by die skool, deel sal wees van ‘n hegte band, gesmee deur wedersydse lojaliteit, vertroue en liefde. Ons bied lewensruimte, geleenthede, kennis en geleerdheid binne gemeenskaplike waardes en norme.
Ten einde die skool se missie en visie te bereik, sal die volgende aspekte bevorder word:
Waardes tel 100%! Primêre Skool Jordania is verbind tot karakterbou. Deur die jaar word die 6 pilare van ‘n waardegedrewe lewe op elke moontlike wyse by ons leerders ingebou.
100% gesindheid in alles wat ons doen!